Description
Wonder jy hoekom jy op aarde is? Wat is jou doel? Hoe wen ’n mens hierdie lewe? Dít is die vrae waarmee Christus Bloudruk begin.
Oor drie dae neem Jacques Malan van Father’s Voice jou deur God se plan van die begin af: hoe alles inmekaar pas, waar jy in daardie prentjie inpas, en wat dit vandag vir jou lewe beteken. Jy stap nie net met antwoorde daar weg nie – jy ontdek wie jy werklik is.
Toegang is heeltemal gratis. Bespreek net hier jou plek, sodat ons weet om vir jou plek te maak.
Datum en tyd
- Donderdag 15 Oktober 2026: 18:00 – 21:00
- Vrydag 16 Oktober 2026: 18:00 – 21:00
- Saterdag 17 Oktober 2026: 08:30 – 12:30 en 13:15 – 15:30
Ligte etes sal voorsien word.
Plek
Parow-Panorama Gemeente
Rembrandtsingel 14
Panorama
Koste
Gratis toegang. Daar is geen koste verbonde aan die kursus nie – jou kaartjie kos niks.
Vir wie is die kursus?
Vir enigiemand wat die groot vrae vra. Jy hoef geen voorkennis te hê nie en jy hoef nie ’n lidmaat van die gemeente te wees nie. Bring gerus ’n vriend saam.
Hoe om te bespreek
Kies hierbo hoeveel kaartjies jy nodig het – een per persoon – en voltooi jou bespreking. Dit kos niks; dit help ons net om te weet hoeveel mense om te verwag.



Reviews
There are no reviews yet.